GENESIS 32:32
GENESIS 32:32 Bybel vir almal (ABA)
Dit is hoekom die Israeliete nie die senuwees in die heupbeen van 'n dier eet nie, want die man het vir Jakob op sy heup geslaan, op die heupsenuwee.
GENESIS 32:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
GENESIS 32:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup geslaan, op die heupsenuwee.
GENESIS 32:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom eet die Israeliete tot vandag toe nie die seningrige spier wat aan die heupgewrig vas is nie, omdat hy die heupgewrig van Jakob, die seningrige spier, getref het.
GENESIS 32:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom eet die kinders van Israel tot vandag toe nie van die verskeurde sening wat op die heup holte is nie, omdat hy die holte van Jakob se heupbeen aangeraak het in die sening wat gekrimp is.