1
PREDIKER 11:9
Afrikaans 1933/1953
VERBLY jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
Vergelyk
Verken PREDIKER 11:9
2
PREDIKER 11:10
En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Verken PREDIKER 11:10
3
PREDIKER 11:4
Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
Verken PREDIKER 11:4
4
PREDIKER 11:5
Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
Verken PREDIKER 11:5
5
PREDIKER 11:6
Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.
Verken PREDIKER 11:6
6
PREDIKER 11:2
Gee 'n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.
Verken PREDIKER 11:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's