1
Lukas 19:10
Die Bybel 2020-vertaling
Die •Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.”
Vergelyk
Verken Lukas 19:10
2
Lukas 19:38
Hulle het uitgeroep: “Geseënd is die Koning, Hy wat kom in die Naam van die Here! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste! ”
Verken Lukas 19:38
3
Lukas 19:9
Jesus het vir hom gesê: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, want ook hy is 'n seun van Abraham.
Verken Lukas 19:9
4
Lukas 19:5-6
Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis oorbly.” Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus met blydskap in sy huis ontvang.
Verken Lukas 19:5-6
5
Lukas 19:8
Maar Saggeus het gaan staan en vir die Here gesê: “Kyk, Here, ek gee die helfte van my besittings aan die armes, en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit viervoudig terug. ”
Verken Lukas 19:8
6
Lukas 19:39-40
Sommige van die •Fariseërs in die skare het egter vir Jesus gesê: “Meester, berispe u dissipels!” Maar Hy het geantwoord: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!”
Verken Lukas 19:39-40
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's