1
Lukas 11:13
Bybel vir almal
Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir julle iets gee wat nog beter is. Hy wil die Heilige Gees uit die hemel gee vir die mense wat dit vir Hom vra.”
Vergelyk
Verken Lukas 11:13
2
Lukas 11:9
Daarom sê Ek vir julle: Julle moet aanhou bid, dan sal God vir julle gee. Julle moet aanhou soek, dan sal God vir julle gee wat julle soek. Julle moet aanhou klop, dan sal God die deur vir julle oopmaak.
Verken Lukas 11:9
3
Lukas 11:10
Elke mens wat aanhou bid, sal ontvang. Elke mens wat aanhou soek, sal kry. Elke mens wat aanhou klop, vir hom sal God die deur oopmaak.
Verken Lukas 11:10
4
Lukas 11:2
Jesus sê toe vir hulle: “Wanneer julle bid, dan moet julle sê: “Vader, ons bid dat al die mense u heilige Naam sal eer omdat U God is. Ons bid dat die tyd moet kom wanneer almal sal weet U is Koning.
Verken Lukas 11:2
5
Lukas 11:4
En vergewe ons alles wat ons verkeerd gedoen het, want ons vergewe ook ander mense wat teen ons verkeerd gedoen het. Help ons dat niks sal gebeur wat ons verkeerd sal laat doen nie.”
Verken Lukas 11:4
6
Lukas 11:3
Gee vir ons die kos wat ons elke dag nodig het.
Verken Lukas 11:3
7
Lukas 11:34
Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry, en jy help hulle, dan is jy vol lig. Maar as jou oog verkeerd kyk en jy sien wanneer mense swaarkry maar jy help hulle nie, dan is daar nie lig in jou nie.
Verken Lukas 11:34
8
Lukas 11:33
Jesus het ook gesê: “Iemand wat 'n lamp opsteek, steek nie die lamp weg in die stoorkamer of maak dit toe met 'n emmer nie. Nee, 'n mens sit die lamp op die plek waar die lamp moet staan sodat almal wat inkom, die lig kan sien.
Verken Lukas 11:33
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's