Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 3:17

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
30 Dae
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.