Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 40:3
![Gemaksug is nie 'n opsie nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3794%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gemaksug is nie 'n opsie nie
3 Dae
Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge van jou verlede kan trotseer en die ongemaklike daarvan kan aangryp om onstuitbaar te word.
![Almal wil wen, maar niemand wil wag nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4436%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Almal wil wen, maar niemand wil wag nie
5 Dae
Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se wil te bid. Hierdie oordenking is gebaseer op "Everybody Wants to Win, But Nobody Wants to Wait" deur Marcus Gill.
![Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa Terkeurst](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13351%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa Terkeurst
5 Dae
Sê jy ook partykeer vir jouself: "Dis nie hoe ek gedink het dit sou uitwerk nie"? Of dit nou 'n verhoudingskrisis is, of jy 'n geliefde verloor het, dit 'n onverklaarbare siekte is en of jy deur 'n moeilike lewensomstandigheid gaan, Lysa TerKeurst verstaan en nooi jou uit om vir hierdie 5-dag leesplan by haar aan te sluit. Saam sal ons leer waar teleurstellings vandaan kom en om die onverwagte krag te ontdek wat jy nodig het om moeilike tye op 'n Bybelse manier aan te pak.
![Hoop vir die Mamma met Nageboortelike Depressie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19075%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop vir die Mamma met Nageboortelike Depressie
5 Dae
Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag leesplan gee vir die mamma hoop gedurende hierdie tydperk wat 'n onverwagse donker periode kan wees. Amanda Taylor, wat nageboortelike depressie oorwin het, bied saam met professionele berader en sosiale werker, Jan Kimball, hoop aan mamma's in hierdie bemoedigende leesplan
![Hoop is 'n Persoon](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19103%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop is 'n Persoon
5 Dae
Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid van die lewe. Hoop is egter nie net 'n kortstondige wens nie, Hoop is 'n Persoon!
![Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te Keer](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4260%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te Keer
6 Dae
Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeurs, Alex McFarland en Jason Jimenez, hanteer hierdie nuwe werklikheid met deernis aan ouers wat belas en alleen voel. Hulle deel statistieke, verhale en praktiese maniere hoe ouers hul kinders kan beïnvloed en help om hulle huistoe te lei.
![Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2622%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes
7 Dae
Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbidding, getrouheid en die vorming van karakter. Oordenkings is uit 365 artikels in die NIV Lifehacks Bybel saamgestel.
![Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33194%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lewe Veranderd: Toe Jou Geboorteverhaal Nie Volgens Verwagting Verloop Het Nie
7 Dae
Ons almal het ‘n voorstelling van hoe ons dink ons swangerskap en die geboorteproses gaan verloop. Wanneer die realiteit ons voorstelling weerspreek, kan dit intense hartseer veroorsaak. Of die geboorteproses moeilik was, en of jou baba in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem moes word, jou verhaal is vir God belangrik. Hierdie leesplan, uit die oogpunt van ‘n mamma wat ervaring met neonatale intensiewesorg het, sal jou ondersteun om uiting te gee aan die hartseer vanweë 'n swangerskap en geboorteproses wat jy nie kon ervaar het nie, maar wel vir jou hoop vir die toekoms bied en die seer sal genees.
![Wat Is Ware Liefde?](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31668%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.
![Herstel: Luukse Leesplan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22772%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Herstel: Luukse Leesplan
18 Dae
Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!
!['n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34536%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.
![Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F729%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
![God se Hartklop](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1244%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.