Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 40:1
Gemaksug is nie 'n opsie nie
3 Dae
Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge van jou verlede kan trotseer en die ongemaklike daarvan kan aangryp om onstuitbaar te word.
Almal wil wen, maar niemand wil wag nie
5 Dae
Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se wil te bid. Hierdie oordenking is gebaseer op "Everybody Wants to Win, But Nobody Wants to Wait" deur Marcus Gill.
Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa Terkeurst
5 Dae
Sê jy ook partykeer vir jouself: "Dis nie hoe ek gedink het dit sou uitwerk nie"? Of dit nou 'n verhoudingskrisis is, of jy 'n geliefde verloor het, dit 'n onverklaarbare siekte is en of jy deur 'n moeilike lewensomstandigheid gaan, Lysa TerKeurst verstaan en nooi jou uit om vir hierdie 5-dag leesplan by haar aan te sluit. Saam sal ons leer waar teleurstellings vandaan kom en om die onverwagte krag te ontdek wat jy nodig het om moeilike tye op 'n Bybelse manier aan te pak.
Hoop vir die Mamma met Nageboortelike Depressie
5 Dae
Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag leesplan gee vir die mamma hoop gedurende hierdie tydperk wat 'n onverwagse donker periode kan wees. Amanda Taylor, wat nageboortelike depressie oorwin het, bied saam met professionele berader en sosiale werker, Jan Kimball, hoop aan mamma's in hierdie bemoedigende leesplan
Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te Keer
6 Dae
Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeurs, Alex McFarland en Jason Jimenez, hanteer hierdie nuwe werklikheid met deernis aan ouers wat belas en alleen voel. Hulle deel statistieke, verhale en praktiese maniere hoe ouers hul kinders kan beïnvloed en help om hulle huistoe te lei.
Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike Gewoontes
7 Dae
Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbidding, getrouheid en die vorming van karakter. Oordenkings is uit 365 artikels in die NIV Lifehacks Bybel saamgestel.
Sakpas-Gebede Vir Elke Dag
10 Dae
Is daar kommer in jou hart? Of tob jy oor iets waarvoor jy regtig voel jy ekstra krag en hulp nodig het? Neem dit in gebed na God toe! Angus Buchan is jou gebedsvennoot met hierdie 10 kort, kragtige en Skrifgebaseerde gebede waarin jy nuwe krag en inspirasie sal vind.
'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.