Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 136:1
Wanneer die lewe probeer om jou te oorweldig
3 Dae
Ons lewe in onstuimige tye en die lewe kan meedoënloos wees. Jy kan maklik oorweldig voel, maar God is nie verbaas oor die plek waar jy jouself bevind nie. Hy maak vir jou 'n ontsnappingsroete daar uit — elke keer. Hoe nader jy aan Hom lewe, hoe meer het jy in elke omstandigheid toegang tot sy antwoorde.
Hoekom Is God Lief Vir My?
5 Dae
Ons almal het vrae oor God. Ons huidige samelewing is baie daarop toegespits om onsself met ander te vergelyk. Een van die mees persoonlike vrae wat ons vra is: “Hoekom is God lief vir my?” Of dalk: “Hoe is dit moontlik dat God my kan liefhê?” Deur die loop van hierdie leesplan sal jy met 26 Skrifgedeeltes te doen kry — elkeen gaan handel oor God se onvoorwaardelike liefde vir jou.
Hartseer Happe: Twyfel Onthul
7 Dae
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.
Perfek soos jy nou is
14 dae
Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities is oor jouself. Gee jou selfvertroue ’n hupstoot in 14 dae saam met Rolene. Hierdie plan is saamgestel uit Rolene Strauss se dagboek VANUIT DIE HART.
PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir Japan
17 Dae
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.