Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 2:6
Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.
Skep ruimte
8 Dae
In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie.
Wysheid
12 Dae
Die Bybel daag ons uit om wysheid bo alles te soek. In hierdie leesplan sal jy elke dag 'n paar verse ondersoek wat oor wysheid gaan — wat dit is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te ontwikkel.
Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat tot ons uitreik. Hy het ons lief!
Die Invloed Van die Heilige Skrif
15 Dae
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
Vra, Dink, Verbeel Jou
22 Dae
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.