Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 3:8

Verlies teenoor wins
3 Dae
Is jy al deur die pynlike ondervinding van verlies? Het jy al persoonlike of materiële verlies gelei? So 'n groot verlies kan ons gebroke en magteloos laat voel, maar God ontmoet ons in ons verlies en kan ons weer heelmaak. God voorsien eintlik in oorvloed en buitengewoon in ons verlies, ons moet Hom net aanroep. God voorsien presies wat ons nodig het in ons tye van verlies.

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans
5 dae
Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as hierdie mans. Hul sukses (of gebrek daaraan) hou direk verband met hoe naby hulle aan God geleef het.

Goeie Raad
6 Dae
Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van die slegte en eerder goeie raad wil volg.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap
6 dae
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.

Dapper Gebede
7 Dae
God is altyd goed, maar dit beteken nie dat Hy altyd veilig is nie. Hierdie Life.Church leesplan daag lesers uit om drie dapper gebede te bid: deursoek my, stuur my en breek my. Waag dit om vandag te begin lees, en jou lewe sal 'n vreesaanjaend-goeie wending neem.

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te Maak
7 Dae
Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe ons dinge hierdie jaar beter as die vorige jaar kan doen — maniere om onsself, ons verhoudings en ons ervaring van God te verbeter. Hier is sewe maniere om meer soetigheid in die komende jaar by jou lewe te voeg.

Onvolmaakte Mense in die Bybel
7 Dae
Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan gekom het, wat hulle vermoëns was, of hoe ontsaglik groot hulle foute was.

Christelike Minimalisme: Eenvoudige Stappe vir 'n Oorvloedige Lewe
7 Dae
Ons weet almal dat ons doel in die lewe nie verstrengel is in die versamel van besittings, rykdom, mag en aansien nie — Jesus is baie duidelik daaroor — maar die samelewing vertel ons anders. Christelike Minimalisme poog om deur ons aannames en die samelewing se leuens oor hoe die lewe moet lyk, te kyk en nooi lesers uit na 'n lewe hoe Jesus ons roep om te leef: 'n lewe wat doelgerig geleef word, vry van liggaamlike, geestelike en emosionele rommel.

Ons Daaglikse Brood - Bybelse Grondbeginsels
12 Dae
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.

Gereedskap Vir Die Lewe
14 Dae
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke Uitdaging
30 Dae
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.