Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:15
Hy Noem Ons Op Ons Name
5 Dae
Mense is baie soos skape. Net soos skape het ons ʼn herder nodig om ons op die voetpaaie van die lewe te lei. Jesus is ons goeie herder. Hy noem ons op ons name, lei ons uit slawerny, kom haal ons wanneer ons verlore raak, ken ons intiem, en beskerm ons teen gevaar. Hy lei ons nie net nie, Hy het ons lief. Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Sluit by my aan om in hierdie 5-dag leesplan, verskillende maniere te ontdek hoe Jesus ons herder is.
Liewe Verslawing ...
5 Dae
"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing kyk vanuit 'n Bybelse standpunt. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstelproses sal inspireer!
Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.
Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.
Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".
Wie is ons
7 dae
Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute daaraan gewy word.
Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.