Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 18:33

Wees Lief Vir Mekaar
5 Dae
Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie. Kies om lief te hê wanneer dit nie wenslik is nie. Kies om die liefde van Christus ten toon te stel te alle tye. Laat Christus lei en versag jou hart terwyl jy die ryk en lewensveranderende boodskap lees.

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?
5 Dae
Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit verskillende Bybelverhale ontdek, soos wat ons dit ontvang en ook aan ander gee.

Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
6 Dae
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

God By Ons
7 Dae
Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk wat God in die Skrif gebruik om sy koms aan te kondig. Ons gaan ontdek hoe Jesus aan elkeen gestalte gee en dat hulle vandag nog steeds so toepaslik is as toe Hy op die aarde gewandel het.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid
7 Dae
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.

Die Ons Vader Gebed
8 Dae
Sluit aan by J.John vir hierdie 8-dae leesplan wat handel oor die Ons Vader, daardie wonderlik diepgaande en nuttige onderrig, waarmee Jesus ons geleer het hoe ons moet bid.

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dae
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

Woorde Vir 'n Manier Van Lewe
15 Dae
Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.