Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 18:22
Vergifnis
4 Dae
Vergifnis. Kom ons kyk na 'n paar Bybelverse. God wil hê dat jy in vrede leef, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde, né? Hy wil nie hê dat jy angstig en vol woede sal wees nie. Skrifgedeeltes oor vergifnis leer jou hoe om 'n meer vergewensgesinde mens te wees. Wysheid kom as jy nadink oor die Woord van God.
Koester jou hartsmense
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.
Wees Lief Vir Mekaar
5 Dae
Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie. Kies om lief te hê wanneer dit nie wenslik is nie. Kies om die liefde van Christus ten toon te stel te alle tye. Laat Christus lei en versag jou hart terwyl jy die ryk en lewensveranderende boodskap lees.
Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?
5 Dae
Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit verskillende Bybelverhale ontdek, soos wat ons dit ontvang en ook aan ander gee.
Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
6 Dae
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.
Veranderde Lewe: Vergifnis
6 dae
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.
Lewe Veranderd: As 'n Enkel Ma
6 dae
Die werk van 'n enkelma is moeilik en soms eensaam, maar dit is ook die belangrikste rol wat jy ooit sal speel. Die waarheid is, God het jou gekies en toegerus om jou gesin te lei. In hierdie 6-dag leesplan, sal jy hulpbronne en Skrifgedeeltes ontdek wat jou sal help om te genees van jou verlede, jou bemoedig in jou hede, en hoop gee vir jou toekoms.
Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.
Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie — Deur Jentezen Franklin
7 Dae
Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is, ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie mure wat verhoed dat ons weer hoop sien, genesing ontvang en weer geliefd voel. Dit is tyd dat jy jou mure afbreek, jou wonde verbind, gebroke verhoudings herstel en die krag van 'n geopende hart ontdek.
Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.
Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.
Lewe Veranderd: Na Egskeiding
7 Dae
Egskeiding bedroef die hart van God. Hy haat dit om ons in pyn te sien en waar ons vas hou aan skuld, skaamte en vrees. Ten spyte van ons foute, verlang Hy daarna dat ons sy genade moet aanvaar en weet dat ons gewaardeer, gekoester en onvervangbaar is. Ongeag jou omstandighede, hierdie leesplan sal jou help om genesing na jou egskeiding te vind, sodat jy die verloste lewe kan leef wat God vir jou het — een vol hoop, vreugde en doelgerigtheid.
Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.
Vergifnis: Die pad tot vryheid
7 dae
Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid
7 Dae
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
Keuses wat suksesvolle paartjies maak
7 dae
Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantwoordelikheid as wat jy besef, en jy is tot meer in staat as wat jy dink. Is jy gereed om te bou aan ’n suksesvolle huwelik?
Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.
Die Ons Vader Gebed
8 Dae
Sluit aan by J.John vir hierdie 8-dae leesplan wat handel oor die Ons Vader, daardie wonderlik diepgaande en nuttige onderrig, waarmee Jesus ons geleer het hoe ons moet bid.
Lewenskwessies
8 Dae
Die hart, geestelik en fisiek, vereis aandag. God sê jy moet jou hart bo alle ander dinge met alle ywer bewaak as gevolg van al die lewenskwessies wat uit jou hart vloei deur die loop van jou lewe. Begin hierdie 8-dag hart-stappie deur Femi Monehin.
Ongegriefd
10 Dae
Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfvertroue te vorm en ons te help om die mense te word wat ons altyd so graag wou wees. Om nie aanstoot te neem nie, gaan nie daaroor om nooit aanstoot te kry nie. Dit gaan daaroor om nie gegriefd te bly nie.
Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.
Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dae
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.
Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.