Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 11:27

Om die Sabbat te Verstaan
4 Dae
Die meeste van ons is oorwerk en heeltemal uitgeput, dus is die begrip van sabbat belangriker as ooit. Om die sabbat te eer, beteken om dit "heilig te hou", en heilig beteken eenvoudig om dit "af te sonder". Ons sabbat behoort anders te lyk as die ander ses dae van die week. In hierdie leesplan gaan ons bespreek wat dit is, wat dit nie is nie, hoe dit lyk, en om ware rus in Jesus te vind.

Die Teken van die Kruis
5 Dae
Om die teken van die kruis te maak wanneer jy bid, het ontstaan toe die vroeë Christene 'n kruis op hul voorkoppe gemaak het. Mettertyd het hierdie gebruik verder ontwikkel en word deesdae gereeld deur meer as 'n miljard mense in die wêreld gebruik. Ons gaan in hierdie Bybelstudie die beoefening van gebed bestudeer en ook die omvang van die geheimenis van die Drie-eenheid en die opoffering van ons liefdevolle God.

Jy Sê, God Sê
5 dae
In JY SÊ, GOD SÊ gee Andries Enslin jou ’n helder antwoord en oplossing van God vir elke probleem – groot én klein – in jou lewe. In hierdie 5 dae fokus hy op Jesus, ons verlosser. Hy stel jou fokus in sodat jy duidelik kan sien, weet en glo: My Vader het my bo alles lief, moenie jou pad alleen probeer stap nie.

21-Dae van Gebed vir Vriende
21 Dae
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.