Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 2:7

Kersfees — die Geskenk
4 dae
Kersfees is 'n tyd om die grootste geskenk van almal, Jesus, te vier. Om na die verhaal van Christus se verwagte koms by Kersfees te kyk, herinner ons daaraan dat Jesus gekom het as die vervulling van God se beloftes en getrouheid. Al ons hoop en gebede word beantwoord in die teenwoordigheid van Jesus, Immanuel, God met ons.

Die Kersverhaal
5 Dae
Elke goeie verhaal het 'n kinkel in die komplot — 'n onverwagte oomblik wat alles verander. Een van die grootste kinkels in 'n komplot kom in die Bybel voor as die Kersverhaal. Oor die volgende vyf dae sal ons verken hoe hierdie een gebeurtenis die wêreld verander het en hoe dit jou lewe vandag kan verander.

Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd
5 Dae
Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship"
5 Dae
Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend jaar vertel en oorvertel is. Met so 'n bekende verhaal is dit maklik om te dink dat daar niks nuuts is om te leer nie. Tog, die Woord van God is lewend en aktief — wat beteken dit werk in ons op nuwe maniere, elke keer wat ons dit deurdink.

Die Geskenk
5 Dae
Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groeschel se reeks, The Gift, gaan ons ontdek hoe die drie geskenke wat die wyse manne vir Jesus gegee het, ons vandag kan lei na 'n plek van verwondering en aanbidding.

Kersfeesoordenkings
5 Dae
Ons Kersverhaal begin met die engel se aankondiging aan Maria en sluit af met die besoek van die sterrekykers. Ek sal meestal verwys na Lukas in die oordenkings en besprekings van die Kersverhaal aangesien die Evangelie van Lukas die volledigste aantekeninge bevat.

Waarom Jesus Gebore Is
5 Dae
Waarom is Jesus gebore? Dit mag dalk na 'n eenvoudige vraag klink, te bekend om oor na te dink. Wanneer jy dié jaar vir Kersfees voorberei, ruim tyd in om die dieper betekenis en doel van Jesus se geboorte vir jou lewe en die hele wêreld te bepeins. Hierdie 5-dag leesplan is deur Scott Hoezee geskryf en uittreksels is uit die Words of Hope daaglikse oordenking geneem.

Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama Fortner
5 Dae
Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.

Infinitum Advent Verras deur God, Week 4
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Die geboorte van Christus was dan so
5 dae
Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.

Die geboorte van Christus en gesinslewe
5 Dae
Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is 'n glanslose, tog oorweldigende roeping wat vele vroue te beurt val. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat uitgekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Bid Met Verwondering Deur Kersfees
7 Dae
Die Kersverhaal is een verrassing na die ander. Soms raak die besonderhede so bekend dat dit hul impak verloor. Hierdie leesplan met kort gebede help jou om diep na te dink oor die mees onverwagse en betekenisvolle gebeurtenis in die geskiedenis: dat God self een van ons geword het. Elke gebed is geskryf deur David Mathis, uitvoerende redakteur van desiringGod.org en pastoor by Cities Church in Saint Paul, Minnesota.

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir Gesinne
7 Dae
Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om weer bande met mekaar te smee, om te wete te kom van die ware Kersverhaal en Jesus se geboorte met nuwe tradisies, stories om die etenstafel, slaaptydstories, en gesinsaktiwiteite te vier. Ons vertrou hierdie Kersfeesdrukkie gaan in die Adventtyd pragtige herinneringe na jou huis toe bring!

Die vrede van Kersfees
7 dae
Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.

’n Kersfees Saam met Jesus
7 Dae
Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

Maak oop jou geskenk
7 Dae
Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die Skrif
9 Dae
Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.

Die Hoop van Kersfees
10 Dae
Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom dit nie net die manier hoe jy feestye vier verander nie, maar ook verandering sal bring vir die res van jou lewe.

Noël: Kersfees Is Vir Almal
12 Dae
Oor die volgende 12 dae gaan ons deur die Kersfeesverhaal reis en nie net ontdek waarom dit die grootste verhaal van alle tye is nie, maar ook dat Kersfees waarlik vir almal bedoel is!

Hoop Is
14 Dae
Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

KERSFEES: God se Reddingsplan Verwesenlik
14 Dae
Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.

'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

Advent - O, Kom Laat Ons Hom Prys!
20 Dae
Advent is ’n vier-weke plan wat bedoel is om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. Hierdie studie sluit vier verhale van Matteus en Lukas in. Ons leer van God se heilige plan vir die geboorte van Jesus Christus en ondervind hoe dit was om teenwoordig te wees tydens hierdie gebeure. Die vraag-en- antwoordformaat kan vir gesins-eredienste, groepbesprekings en selfstudie gebruik word.