Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 19:29

Lukas-reeks — Dis Nou Tyd
7 Dae
Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus is, waarom Hy aarde toe gekom het, wat sy boodskap was en wat Hy wil hê jy moet doen. Jou ontdekking sal jou familie, vriende en gemeenskap beïnvloed.

Soekend na God in Aanbidding
8 Dae
God is verborge, ewig, onsterflik, onsigbaar, die enigste God. Ons lewens kan egter alledaags, vervelig en koud word. Hierdie ag-dae studie sal jou eerbiedige ontsag teenoor ons Skepper vernuwe en jou aanbidding meer diepgaande, spontaan en eg laat word. Verken die wonder van die aard van God en leer hoekom Hy ons onbeskaamde aanbidding en bewondering verdien! Hierdie leesplan is geskryf deur Amy Groeschel, en is deel van haar "SOAR with God" studie. Om voort te gaan met hierdie gratis "SOAR" Bybelstudie, gaan na www.SoarwithGod.com.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!