Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 14:28

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te Wees
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.

Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God
6 Dae
Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en familie deur te bring nie? Dit is dalk 'n baie algemene worsteling op hierdie aarde. Die goeie nuus is dat die Bybel duidelike riglyne het oor hoe ons ons tyd goed kan bestuur. Hierdie leesplan sal die Skrif aan jou verduidelik en praktiese raad gee oor hoe om jou tyd ten beste te gebruik terwyl jy nog lewe!

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap
6 dae
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.

Besluiteloos?
7 Dae
Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself te lees en te besluit wat jy glo. Die begrip van wie God is, is te belangrik vir jou om nog besluiteloos te wees.

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld
10 dae
Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te Ruïneer
12 Dae
Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.