Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 2:6

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Wat is Geestelike Oorlogvoering?
5 Dae
Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand begeer om ons lewens te ontwrig, sodat ons in ellende sal moet leef. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons leer hoe om oorwinning te behaal deur op God se krag staat te maak, want dit is beskikbaar. Ons moet dit net begin gebruik.

Volharding saam met Job: Sewe Dae van Hoop
7 Dae
Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om die kragtigste en uitdagendste antwoord vir pyn te verskaf, waarvan die wêreld nog ooit gehoor het.