Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 3:17
![Om God Se Hart Te Ken](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19530%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Om God Se Hart Te Ken
4 dae
Ons kan maklik uitgevang word om dinge oor God te glo wat nie waar is nie. Soms sien ons dinge op sosiale media of die nuus wat maak dat ons Hom bevraagteken. Wat is dus waar oor God? Weet Hy wat Hy doen? Is Hy regtig liefdevol en vriendelik, selfs wanneer dit nie goed gaan nie? Kom ons leer saam in hierdie 4-dag leesplan hoe ons God se hart kan ken.
![Wat Is die Doop? 'n Gids vir Ouers en Pretieners](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19961%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Is die Doop? 'n Gids vir Ouers en Pretieners
4 dae
Kinders, julle kan heerlike gesprekke met julle gesinne voer oor hoe om Jesus te volg en gedoop te word! Hierdie leesplan sluit video's in, asook vrae, wat julle kan help om 'n vrymoedige gesprek met julle gesinne te begin. As jy nog ondersteuning nodig het, nooi jou jeugpastoor of 'n ander gemeenteleier uit om ook saam met jou deur die leesplan te werk. Hierdie leesplan is so uiteengesit dat dit jou en jou gesin sal help om inligting, idees, onsekerhede, en geloofskwessies te verwerk.
![Die Kersverhaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F49%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Kersverhaal
5 Dae
Elke goeie verhaal het 'n kinkel in die komplot — 'n onverwagte oomblik wat alles verander. Een van die grootste kinkels in 'n komplot kom in die Bybel voor as die Kersverhaal. Oor die volgende vyf dae sal ons verken hoe hierdie een gebeurtenis die wêreld verander het en hoe dit jou lewe vandag kan verander.
![Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20661%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?
5 Dae
Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit verskillende Bybelverhale ontdek, soos wat ons dit ontvang en ook aan ander gee.
![Om Empatie te Betoon](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21416%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Om Empatie te Betoon
5 Dae
Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leesplan. Ons sal kyk wat die Bybel van empatie sê en hoe ons daarin kan groei om die hande en voete van Jesus te wees.
![Lig - Aangetrek Tot Die Lewe Deur Die Wonderbaarlike Lig Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25874%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lig - Aangetrek Tot Die Lewe Deur Die Wonderbaarlike Lig Van God
5 Dae
Soos jy daagliks God se Woord lees, dit oordink en in jou lewe toepas, sal jy beter toegerus wees om die vyand se kunsmatige ligte te onderskei, op God se verligte pad te bly en helder te skyn vir Christus in jou huis en in jou gemeenskap.
![Een Minuut Na Jou Dood](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13062%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Een Minuut Na Jou Dood
6 dae
C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood gaan gebeur, kan alles vir altyd verander. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan wat saamgaam met Pastoor Craig Groeschel se nuwe reeks, Een Minuut Na Jou Dood.
![Amen](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14578%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
![Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15322%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!
6 dae
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.
![Besluiteloos?](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2898%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Besluiteloos?
7 Dae
Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself te lees en te besluit wat jy glo. Die begrip van wie God is, is te belangrik vir jou om nog besluiteloos te wees.
![7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16147%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers
7 dae
Cora Jakes Coleman lewer sewe onverskrokke gebede om jou te help om elke demoniese vesting af te breek en jou 'n hewige kryger vir God te maak.
![Jesus Het My Lief](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23705%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jesus Het My Lief
7 Dae
As iemand jou sou vra: "Wat moet ek glo om 'n Christen te wees?" hoe sal jy antwoord? Deur die lirieke van 'n geliefde lied te gebruik: "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God", bied 'n voormalige joernalis, tans dienende pastoor, jou hulp aan om te verstaan wat jy glo en waarom. Topverkoper-skrywer, John S. Dickerson, verduidelik noodsaaklike Christelike oortuigings en illustreer kragtig waarom hierdie oortuigings saak maak.
![Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24967%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid
7 Dae
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
![Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F38676%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.
![Sy liefde red ons](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43337%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sy liefde red ons
7 dae
God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons foute vir ewig uitgewis. Daarom kan ons Hom vandag loof en die kruis aangryp en weet: Sy liefde red ons!
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43659%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.
![Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47074%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?
![Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F50521%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense
7 Dae
Te dikwels voel mense hulle is onaanvaarbaar. Hulle voel soos mense wat buitekant die stadsmure lewe — daar waar alles is wat nikswerd is en alle rommel en vuilgoed uitgebrand word. Jesus het egter gekom om die poort na die stad oop te maak sodat ons weer in die stad kan inkom. Mag hierdie leesplan jou help om te weet dat God jou naby Hom wil hê.
![Lewe met Krag en Moed!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16214%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lewe met Krag en Moed!
8 dae
Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier te doen op jou pad van geloof.
![Bruikbaar vir God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31553%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.
![Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F51207%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?
8 Dae
Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.
!["Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3797%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike Genade
10 Dae
Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.
![Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3897%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag
10 Dae
Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.
![Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14733%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
10 dae
Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43970%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.