Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 17:1
Gebede van Jesus
5 Dae
Ons erken die belangrikheid van kommunikasie in enige verhouding, en ons verhouding met God is nie 'n uitsondering nie. God verlang daarna dat ons met Hom in gebed sal kommunikeer — 'n dissipline wat selfs sy Seun, Jesus, beoefen het. In hierdie leesplan sal jy lesse leer uit die voorbeeld wat Jesus gestel het. Jy sal uitgedaag word om tyd in jou besige lewe in te ruim, om sò die voordele van gebed te ervaar. Dit sal rigting en krag in jou lewe gee.
Herwin Jou Vertroue in God
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.
Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.