Gratis leesplanne en oordenkings oor ESTER 4:16

Is God Besorg Oor Diskriminasie?
3 Dae
Hierdie leesplan hoop om God se hart vir die uitgeworpene, minderbevoorregte slagoffers van mishandeling en diskriminasie te beklemtoon. Hierdie studie hoop om mense uit te daag om nie diskriminasie as waardig te ag nie, om die houdings en praktyke te erken wat onderdrukkend is, en om by te dra tot die herstel van mense se godgegewe waardigheid.

Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament
5 Dae
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.

Lewe Veranderd: Vertrou Op God
5 Dae
Selfs wanneer ons weet dat God getrou is, kan dit vir ons moeilik wees om met oop hande te lewe en ten volle op Hom met ons lewens te vertrou. Ons wil verstaan waarom dinge gebeur en ons wil beheer daaroor hê. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om in meer besonderhede te verstaan wie God is, wat Hy gedoen het, en wat Hy vir jou wil hê sodat jy meer op Hom kan begin vertrou.

Rigtingwysers vir die Lewe
6 dae
Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2
7 Dae
Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament.

Ontdek God se Visie
10 Dae
Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy bemoedig word om God te soek en te reageer op sy visie vir jou lewe. Leer hoe om in geloof te wandel en God in meer diepte te leer ken terwyl jy met sy ewige perspektief lewe.

Hoe om 'n Naaste te wees
10 Dae
Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!