Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 6:11

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Hoe om Vrees te Beveg
4 dae
Gedurende onseker tye, lei ons gedagtegang ons na vrees. Blykbaar is dit kalmerend wanneer ons voortdurend onsself met vrees-gevulde "wat as" gedagtes besig hou. As Jesus se volgelinge, kan ons hierteen veg. Ons hoef nie toe te laat dat vrees ons oorwin nie. Hierdie leesplan bied praktiese wenke vir elke tree wat jy gee in die stryd om vrees te oorwin.

Wanneer Die Duiwel Klop
5 Dae
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.

Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.

Koninkryks-huwelik
5 Dae
Die huwelik kom met groot vreugdes en groot uitdagings. Een van die redes vir die uitdagings is omdat ons die Bybelse doel van die huwelik uit die oog verloor het. Ons het God verwyder en die huwelik in terme van geluk gedefinieer. Die huwelik bestaan om God te verheerlik deur sy invloed regoor die wêreld uit te brei. In hierdie 5-dag leesplan neem Dr. Tony Evans jou op 'n reis van 'n koninkryks-huwelik.

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
5 Dae
Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynlik jou eie grootste vyand. Leer om uit jou eie pad te kom en om die wapen van oorwinning te ontdek om die innerlike stryd te oorwin.

Wat is Geestelike Oorlogvoering?
5 Dae
Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand begeer om ons lewens te ontwrig, sodat ons in ellende sal moet leef. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons leer hoe om oorwinning te behaal deur op God se krag staat te maak, want dit is beskikbaar. Ons moet dit net begin gebruik.

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?
5 Dae
Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Hoe kan ek verhoed dat sonde my geestelike groei belemmer? Is dit moontlik? Kom ons bespreek sonde, versoeking, die Satan, en, dankie tog daarvoor, God se liefde.

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Staan Sterk — Oorwin Teëspoed & Lewe Met Selfvertroue
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan uit Alli Worthington se nuwe boek, Staan Sterk, sal jou help om te onthou wie jy is wanneer jy voor swaarkry te staan kom en om God se droom vir jou te herwin. Dit is tyd om te besef dat jy sterker is as wat jy dink. 'n Vrou se plek is enige plek waarheen God haar stuur — wandel dus in die vertroue wat net van Hom af kom. Jy kan nie 'n vrou breek wat haar krag van God af kry nie.

GEVEGSBEPROEF
5 Dae
Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die geestelike gevegte wat jy in die lewe sal hê.

Die Wapenrusting van God
5 Dae
Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om amok te maak in alles wat vir jou belangrik is: in jou hart, denke, huwelik, kinders, jou drome en eindbestemming. Sy gevegsplan maak daarop staat om jou onverhoeds en ongewapen te betrap. As jy egter moeg is om heen en weer geslinger en uitgevang te word die oomblik wat jy ontspan, dan is hierdie die regte leesplan vir jou.

Lewe Veranderd: Tydens Kersfees
5 Dae
Gedurende die gewoel ter voorbereiding van die feestyd is dit maklik om die ware betekenis mis te kyk van dit wat ons vier. In hierdie 5-dag adventleesplan delf ons dieper in die beloftes wat deur die geboorte van Jesus vervul is en ons hoop op die toekoms. Terwyl ons verder leer oor wie God is, ontdek ons ook hoe om gedurende die feestyd met geloof, hoop, vreugde en vrede te leef.

VRYMAKING Van Pornografie Vir Mans
6 dae
Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veranderinge in jou liggaam wat verslawend en skadelik word. Dit kan lei tot ander sonde, maar die ergste van alles is, dit laat ons van God se liefde af wegbeweeg. God wil jou help om bevryding te vind van die patroon van wellus, skuldgevoelens en gebreekte beloftes.

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit
6 Dae
Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy wil hê dat sy mening oor ons die hoogste gesag in ons lewens sal wees. Hierdie 6-dag leesplan sal jou help om wat die Bybel sê jy is, deel van jou te maak en waarlik jou identiteit in Christus aan te gryp.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Klein Groepe, Enorme Groei
7 Dae
Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.

Veranderde Lewe
7 Dae
Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die vyand? Hierdie leesplan sal jou help om elke dag met hoop en vertroue in Christus te leef, wetende dat jou identiteit slegs in Hom rus.

Die Soektog
7 Dae
In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. 'n Vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en dalk twyfel. 'n Vraag is 'n uitnodiging tot kwesbaarheid, tot intimiteit. Die Bybel skerm nie weg van so 'n uitnodiging nie. Ons sien herhaaldelik dat God se kinders vir hul Skepper vrae vra. Ons sien ook dat die God van die heelal vrae vra aan sy skepping. Die Soektog is 'n uitdaging om hierdie uitnodiging te aanvaar. Leer om die Woord te ontgin, reageer op die vrae wat God jou vra, en bring jou vrae en versoeke na God toe. Laat die krom vraagteken jou die pad wys na 'n meer intieme verhouding met die Vader.

Meesterbrein
7 Dae
Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

Verhoudingsdoelwitte
7 Dae
Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Church leesplan, geskryf deur mense wat wissel van enkellopend tot pasgetroud tot lank getroud, sal die tipe liefde wat God vir alle verhoudings kan bied, uitlig.

Jesus: Ons Oorwinningsbanier
7 Dae
Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al hul daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfees week kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.