Gratis leesplanne en oordenkings oor DEUTERONOMIUM 6:7

Inleiding
3 dae
Begin jou Bybeloudiostudiereis met 'n daaglikse gids tot belangrike studiebenodigdhede en kies verse uit God se woord. Leer om jou tyd te maksimeer om die Bybel te lees.

Gemeenskapsversoening En Die Kerk
4 dae
Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debatteer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net praatjies? Is daar praktiese dinge wat ons kan doen wat hervorming kan bewerkstellig? In hierdie 5-dag leesplan gee dr. Tony Evans Bybelse en praktiese stappe wat die kerk kan neem om te help om ons gemeenskappe te herstel.

Om die Drie-eenheid te Ken en Lief te Hê
4 dae
In hierdie leesplan kyk ons van naderby na elke lid van die Drie-eenheid.

Oorweldig deur My Seëninge: Aanmoediging vir Mammas (Deel 4)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 4 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows.

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
5 Dae
Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook 'n baie besige tyd. Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names of Jesus". Dit sal jou help om hierdie Kersfees Jesus se rus te ontvang deur vir 'n paar oomblikke sy goedheid te onthou, jou behoeftes uit te spreek, sy stilte te soek en op sy getrouheid te vertrou.

Koester jou hartsmense
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Onverwagse Tuisskool Onderwyser
5 Dae
Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderrig te oorweeg. Hierdie leesplan deur die veteraan tuisonderrig ma, Robin Meadows, is só geskryf dat dit sekere van jou vrae sal beantwoord, baie van jou vrese sal besweer, en jou sal bemoedig dat mét Jesus alles moontlik is!

Die geboorte van Christus en gesinslewe
5 Dae
Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is 'n glanslose, tog oorweldigende roeping wat vele vroue te beurt val. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat uitgekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir Vaders
7 Dae
Dit is merkwaardig hoe ons pa's ons lewens vorm. Niemand ontsnap die mag en invloed van hul aardse vader nie. En aangesien die meeste mans onvoorbereid voel om vaders te wees, is dit noodsaaklik om leiding te soek — vanuit die Skrif en van ander pa's. Radikale Wysheid is 'n reis na wysheid en insig vir vaders, wat beginsels en wysheid uit die Skrif kombineer met die ervaring van 'n ouer, wyser pa wat uit sy foute uit geleer het.

Sosiale gesonde verstand in 'n Insta-wêreld
7 Dae
Het jy al ooit met sosiale media geworstel? Ons sosiale media toeps verbind ons met verskillende mense, maar kan ons gefrustreerd en angstig laat voel, en ook asof ons ons tyd mors. Hierdie sewe-dag leesplan sal ons help om ons harte in die Woord van God te vestig, sodat ons kan aan- en afteken met insig, genade en vrede. Bydraes is deur Melissa Kruger, Jen Wilkin, Laura Wifler, en ander

Maak oop jou geskenk
7 Dae
Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte Tye
8 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.

!Stres!
10 dae
Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se Hart
10 Dae
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

Kind van God
10 Dae
Ons het so baie titels, maar watter is die belangrikste? Kind van God, nie waar nie? Voel jy ooit oorweldig deur al die ander titels wat jy het? Om 'n kind, ouer, student, broer of suster, werknemer of atleet te wees, bring bedrywigheid. Hierdie leesplan sal kyk na maniere om God in die nommer een plek te hou terwyl jy soveel ander balle van verantwoordelikheid in die lug probeer hou.

21 Maniere Om te Floreer Teen 45 Jaar
21 Dae
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

Die Nalatenskapsreis
31 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.