Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 1:27

Word Bevry
5 Dae
Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid van God en die pad na vryheid.

Hoop Vir Jou Pad
5 Dae
Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.

Colossians Explained | Hoe om Jesus te Volg
7 Dae
Wanneer die Bybel verwarrend is, verduidelik "Through the Word" dit met duidelike, beknopte klankgidse (in Engels) vir elke hoofstuk. Hier in Kolossense, lei Kris Langham ons terwyl ons leer wie Jesus is en hoe om Hom vandag te volg. Ons sal ook goeie insig kry oor God se aanwysings vir huwelik en werk, en wat dit beteken om as sy beeld herskep te word. Plus die Bybel se teenmiddel teen vreemde Christenskap! Welkom by "Colossians Explained".

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met Jesus
15 Dae
As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kolossense. Volg Jesus se verhaal en ontdek die basiese beginsels van wat dit behels om Hom te volg. Daar is elke dag vrae vir individuele besinning of groepbespreking. Doen een en nooi dan 'n vriend uit en doen dit dan weer 'n keer!

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na Kersfees
25 Dae
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.