Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 9:6

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat gedagtes oor ’n spesifieke tema (soos om jou identiteit in Christus te vind, om te glo dat jy uniek is en om jou houding te kies) en word afgesluit met ’n Skrifgedeelte. Die inhoud van hierdie leesplan is saamgestel uit Angelique du Toit se “Waarvoor wag jy dan?”.

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.

Seisoene Van Die Huwelik
5 dae
Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een seisoen na ’n ander. Gary Chapman moedig paartjies in hierdie leesplan uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES aan om die beste van elke seisoen te maak.

Hoeveel Is Genoeg?
6 dae
Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om dankbaar te sê: "Ek het genoeg." Jy sal besef dat dit jou gelukkiger sal maak wanneer jy soos Jesus lewe en vra: "Hoeveel kan ek gee?" in plaas van: "Hoeveel kan ek kry?"

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning