Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 3:17
God Is So Goed
5 Dae
Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".
Infinitum Familie Advent, Week 1
5 Dae
Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.
Beoefen die Weg
5 Dae
In wie is jy besig om te ontwikkel? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.
Die Heerlikheid van God in die Hemel.
10 Dae
As Christene word ons groot en hoor ons verhale oor Jesus, wat uiteindelik in ons plek gesterf het, en uit die dood opgestaan het om ons opstanding na die hemel te waarborg. Ons het die wysheid en kennis om te verstaan dat die hemel ons tuiste is. Ons sal die heerlikheid van God in die hemel sien. Hierdie 10-dag leesplan fokus op ons ewige, perfekte tuiste in die hemel.
21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake