Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 12:9

Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur Gevangenes
4 Dae
Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. In die bladsye is daar dinamiese karakters vol moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voormalige gevangenes wat die oordenkings geskryf het. Ons hoop dat jy deur die stemme van die kerk agter die tralies bemoedig en geïnspireer sal word. Mag hulle getuienisse ons almal vry maak.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Niks Om Te Bewys Nie
5 Dae
Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou voete begin natmaak in die verfrissende waarheid van die meer-as-genoeg lewe wat Jesus aan jou bied, sal jy die vryheid ervaar van dié wat vasbeslote is om uit te vind wat God kan doen deur 'n siel wat Hom volkome liefhet.

God is aan jou kant deur Nina Smit
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op die positiewe en om altyd dankbaar te lewe) en sluit ’n toepaslike gebed en Bybelvers in. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “God is aan jou kant”.

Bekend — 'n Vyfdag leesplan deur Tauren Wells
5 Dae
My nuwe lied getiteld "Known," is baie betekenisvol vir my geloofsreis. My begeerte is dat ons almal eendag gewillig sal wees om te stap van hopeloosheid na hoop, van seer na genesing en van worsteling na oorgawe — dat ons om ons en na die voet van die kruis sal kyk, mekaar sal sien en hoor hoe Jesus ons vertel dat ons nie alleen is nie. Dankie dat jy my op hierdie reis vergesel. -Tauren Wells

Onverwagse Tuisskool Onderwyser
5 Dae
Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderrig te oorweeg. Hierdie leesplan deur die veteraan tuisonderrig ma, Robin Meadows, is só geskryf dat dit sekere van jou vrae sal beantwoord, baie van jou vrese sal besweer, en jou sal bemoedig dat mét Jesus alles moontlik is!

Wysheid vir Geestesgesondheid
5 Dae
As jy oorweldig voel deur jou geestesgesondheid, is jy nie alleen nie. Die uitdagings kan verwarrend voel. Eendag voel jy dalk goed, maar die volgende dag word jy wakker en voel jy angstig, depressief of uitgebrand. Hierdie 5-dag leesplan kan jou help om hoop, genesing en vrede te vind deur wysheid uit die Skrif.

Helingstyd
5 Dae
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.

Aktiewe Geloof
6 Dae
Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad daar te stel, sodat jy ywerig en fiks in jou geloofslewe kan wees. Instruksionele video's is verskaf deur Terry Williams van "League Elite Training" se fasiliteit in Houston, Texas.

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit
6 Dae
Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy wil hê dat sy mening oor ons die hoogste gesag in ons lewens sal wees. Hierdie 6-dag leesplan sal jou help om wat die Bybel sê jy is, deel van jou te maak en waarlik jou identiteit in Christus aan te gryp.

Geduld
6 dae
Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind dat, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebruik om ons karakters te vorm. Wat Hy van ons verlang, is dat ons dit met 'n gewaarwording van Goddelike geduld sal benader.

Die Einde Van Myself Deur Kyle Idleman
7 Dae
Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid
7 Dae
Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lewens toelaat nie. Deur dit alles, word ons geroep om getrou te volhard en te rus in die versekering van uiteindelike oorwinning en ewige beloning.

Oggende Saam Met Die Heilige Gees
7 Dae
Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alledaagse lewe.

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die Oorlewingsgids
7 Dae
Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of geestelik mishandel is. Ek is vir 10 jaar gemolesteer. Ek het egter genesing ontvang! Ek wil jou help om ook genees te word.

7 Stadiums van Verdriet na 'n Miskraam
7 Dae
Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind.

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die Koning
7 Dae
Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag om die alledaagse juwele te ontdek wat op gewone plekke weggesteek is.

Oor Niks Bekommerd
7 dae
Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "Anxious for Nothing" vergesel word.

Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

Seën vir jou siel
7 dae
Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

Wanneer, Here?
7 Dae
Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van nood daar is nie. Hierdie verhale leer ons, dat ons deur moeilike omstandighede kan gaan en weet dat God steeds met ons is — Hy is nooit onoplettend, Hy is nooit onsamewerkend, en Hy is nooit, ooit laat nie.

Geen Aanstoot
7 Dae
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop
7 Dae
Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.

Soms Vra God Geduld ...
7 Dae
Geloof is nie “Siedaar!” nie – jy klap nie bloot jou vingers of swaai ’n towerstaf nie. Jy moet eers vra na die wil van God. En dan moet jy dikwels wag ... Ons moet getrou bly tot ons God se stem hoor en geduldig op Hom wag – so word ons geloof ook vir ander sigbaar. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.