Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 4:18

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 2 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.

Leer Om Geliefd te Wees
3 Dae
Hierdie drie-dag leesplan, gebaseer op die nuwe boek "Learning to Be Loved," sal jou help om te leer aanbeweeg van bloot te wéét van God se liefde na sy liefde werklik in jou hart te erváár. Deur praktiese stappe en eerlike besinning sal skrywers David Bowden en Mart Green jou leer om die waarheid te koester dat God jou eerste liefgehad het. Maak jouself oop vir God se diepgaande, onvoorwaardelike liefde vir jou. Begin vandag en leer wat dit beteken om werklik geliefd te wees.

Om God Se Hart Te Ken
4 dae
Ons kan maklik uitgevang word om dinge oor God te glo wat nie waar is nie. Soms sien ons dinge op sosiale media of die nuus wat maak dat ons Hom bevraagteken. Wat is dus waar oor God? Weet Hy wat Hy doen? Is Hy regtig liefdevol en vriendelik, selfs wanneer dit nie goed gaan nie? Kom ons leer saam in hierdie 4-dag leesplan hoe ons God se hart kan ken.

Hoe Om Jou Naaste Lief Te Hê
4 dae
In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor vreugde sal lesers verseker dat God hulle baie liefhet. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vreugde, angs en vertroue in God), en eindig met ’n gebed en ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Wanneer vreugde my ontwyk”.

Hanteer Vrees in Onseker Tye
5 Dae
Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou met sy vertroosting en hoop te vul! In hierdie 5-dag oordenking van Joyce Meyer, leer ons hoe om vrees hok te slaan en God se liefde, vrede en bemoediging in moeilike tye te ontvang.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Wysheid vir Geestesgesondheid
5 Dae
As jy oorweldig voel deur jou geestesgesondheid, is jy nie alleen nie. Die uitdagings kan verwarrend voel. Eendag voel jy dalk goed, maar die volgende dag word jy wakker en voel jy angstig, depressief of uitgebrand. Hierdie 5-dag leesplan kan jou help om hoop, genesing en vrede te vind deur wysheid uit die Skrif.

Hemel in Elke Huis
5 Dae
In hierdie inspirerende vyfdagleesplan roep Vian Storm mans op om die verantwoordelikheid van vaderskap aan te gryp. Ontdek jou rol in die voorbereiding van die volgende generasie om Jesus te ontmoet en wat dit beteken om siklusse van vrees met liefde te breek. Leer hoe om deur jou voorbeeld te lei, jou kinders se identiteit te vestig, hulle potensiaal te ontsluit en deel te wees van die droom om die hemel tuis te bring in elke huis op aarde.

Hartseer Happe: Twyfel Onthul
7 Dae
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

Dapper Gebede
7 Dae
God is altyd goed, maar dit beteken nie dat Hy altyd veilig is nie. Hierdie Life.Church leesplan daag lesers uit om drie dapper gebede te bid: deursoek my, stuur my en breek my. Waag dit om vandag te begin lees, en jou lewe sal 'n vreesaanjaend-goeie wending neem.

Ten Volle Toegewyd
7 Dae
God het meer gedoen as wat ons ooit kon dink. Volg die een wat sy alles gegee het met hierdie Ten Volle Toegewyd leesplan. Dit bevat liedjies uit die 2016 Life.Church aanbiddingsvrystelling. Begin nou met hierdie sewe-dag leesplan.

Sewe Wette van Liefde
7 Dae
Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorgaan. Soos wat jy 'n beter begrip kry en liefde in die praktyk uitleef, sal jy die skoonheid van opregte liefde op nuwe en wonderbaarlike maniere ervaar.

Elke Dag Bonatuurlik
7 Dae
Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se gereedskap. Om staat te maak op die Heilige Gees is nie vreemd, vol ekstase of net iets vir sekere dele van die kerk nie. Dit is vir elkeen wat God meer ten volle wil ken.

Aande Met Die Heilige Gees
7 Dae
Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the Holy Spirit" deur Jennifer LeClaire.

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik Sê
7 Dae
Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? In hierdie 7-dag leesplan van YouVersion, deel personeellede hul antwoorde op hierdie vrae en nog meer. Elke dag sluit 'n versbeeld in wat jy kan deel om jou gade te eer.

Liefde Vertraag Gejaagdheid
7 Dae
Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om in God se liefde te leef. Hierdie leesplan, gebaseer op die boek "Love Slows Down," sal jou help om woede en angs te verruil en jou te haas na die lewe in God se liefde.

Oorkom Vrees, Bekommernis en Angs
7 Dae
Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar God direk oor jou vrese praat. Deur oor jou eie lewe na te dink uit die perspektief van die Woord van God, sal jou geloof groei in Hom as die ware bron van vrede en die antwoord op al jou vrese.

Bid Deur Angstigheid
7 Dae
Angstigheid kan ons lewens enige oomblik bekruip. Dit beteken egter nie dat dit by ons hoef te bly nie! Jy kan angstigheid en die vernietigende effek daarvan oorwin deur met God 'n verbintenis te maak in gebed en met die kragtige beloftes in sy Woord, ongeag wat tans in jou lewe aangaan. Reis die volgende paar dae saam met ons terwyl ons stappe doen om die houvas wat angstigheid op ons lewens het, te beëindig en dit met vrede uit die Woord van God te vervang.

Moed
7 Dae
Leer wat die Bybel te sê het oor vrymoedigheid en selfvertroue. Die "Moed" leesplan bemoedig gelowiges met herinneringe van wie hulle in Christus is en God se koninkryk. Wanneer ons aan God behoort, is ons vry om Hom direk te nader. Lees weer — of dalk vir die eerste keer — versekeringe dat jou plek in God se familie verseker is.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Beloftes vir u Alledaagse Lewe
14 dae
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.
