Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 15:50

Paasfees: As die Graf Kon Praat
6 Dae
Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het. Jesus het teen die graf te staan gekom en die dood oorkom, en wanneer Jesus praat, praat die graf ook.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".