Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 13:12

Wees Lief Nou en Altyd
3 Dae
Om liefde te vier, strek verder as 'n bepaalde datum; dit is 'n lewe wat ander voortdurend daaraan herinner dat God se liefde gekom het om te genees, te herstel en vir ons 'n lewe te gee wat sy goedheid bekendstel. Ek nooi jou uit na hierdie 3-dag leesplan oor wát liefde verteenwoordig en hóé om ander lief te hê soos wat God dit bedoel het.

Breedvoerige Leierskap
4 dae
'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons Bybelse waarhede en praktiese wenke oor leierskap hersien wat jou sal uitdaag, toerus en bemoedig, terwyl jy bou aan 'n fondament van vertroue in 'n God wie se krag groter as enige uitdaging is wat oor jou pad mag kom.

Singende in die Donker: Om Hoop te Vind in Liedere uit die Skriftegedeeltes
4 Dae
Alte dikwels veroorsaak die lewe se uitdagings en vrae dat mense teen gevoelens van twyfel en wanhoop veg terwyl hulle herhaaldelik opsoek is na hoop. In "Singing in the Dark" stel Ginny Owens die leser bekend aan kragtige maniere hoe om nader aan God te beweeg en hoe die elemente van musiek, gebed en treursang 'n aanbod van ryk, lewendige en vreugdevolle gemeenskap met Hom bied, veral in die donkerste dae.

Liefde en die Huwelik
5 Dae
Deur op ons huwelik binne die konteks van die Bybel te fokus, gee ons aan God die geleentheid om vir ons nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons band met mekaar. Hierdie leesplan gee vir ons Bybelverse om op te fokus en kort gedagtes om 'n bespreking en gebed saam met jou huweliksmaat aan die gang te sit. Hierdie 5-dag leesplan is 'n korttermyn toewyding om jou te help om in jou lewenslange verhouding te belê. Vir meer inligting, besoek: finds.life.church

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Beter Besluite, Minder Berou
5 dae
Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompliseer met slegte besluite nie, het die meeste mense nie ’n plan om goeie besluite te neem nie. Hierdie leesplan is gebaseer op Andy Stanley se boek "Better Decisions, Fewer Regrets."

Om in Liefde te Groei
5 Dae
Wat werklik saak maak, is om God en ander lief te hê, maar hoe kan ons dit effektief doen? Die waarheid is dat ons nie ander uit eie krag ten volle kan liefhê nie. Ons kan vanuit God se opregte en kragtige liefde leef wanneer ons ons oë op Hom rig en onsself nederig voor Hom neerlê. Leer meer oor hoe om in liefde te groei met behulp van pastoor Amy Groeschel se 5-dag leesplan.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons Almal
6 dae
Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

Verhoudingsdoelwitte
7 Dae
Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Church leesplan, geskryf deur mense wat wissel van enkellopend tot pasgetroud tot lank getroud, sal die tipe liefde wat God vir alle verhoudings kan bied, uitlig.

Leef Vry van Wellus – 'n 7-Dag Reis
7 Dae
As Christene is dit ons eersgeboortereg om vry van wellus te leef. Die sekulêre wêreld waarin ons leef, roep ons om ons daagliks aan wellus te vergryp. God roep ons egter om 'n lewe van seksuele integriteit te lei – vry van wellus en seksuele sonde. Hierdie oordenking is 'n uitnodiging aan jou om 'n wellusvrye leefstyl te begin. Jy sal toegerus word met Bybelse beginsels wat jou kan help om te veg en vry van die versoekings van wellus te wees.

Verhoudingsraad Vir Mans
8 dae
Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar bemagtig word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale onthul die skrywer, Roger Thomas, hoe 'n groot rol verhoudings daarin speel om 'n man te vorm. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan saam met vriende.

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte Tye
8 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.

Liefde Is 'n Persoon
8 Dae
As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n reis deur 1 Korintiërs 13 en ontdek die Persoon van liefde en hoe ons deur Hom, ander beter lief kan hê.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Herstel: Luukse Leesplan
18 Dae
Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".