Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KRONIEKE 16:11

Wat Is Aanbidding: Oordenkings Van "Time of Grace"
5 Dae
Aanbidding is nie net iets wat ons op Sondae doen nie. Dit is verweef in ons alledaagse lewens.

Moenie Opgee Nie
7 Dae
Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.

Afhanklik – en Dis Oukei
7 hari
Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer spaar nie, maar God se beste in ons lewens beleef. Hierdie sewe oordenkings kom uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Soek in Sewe
7 Dae
Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roeping. Gedurende die volgende sewe dae sal ons God in 'n omgewing soek waarin jou aandag nie afgelei word nie, en waar jy nader aan Hom gaan kom as wat jy ooit gedink het moontlik is.

Die wil van God
7 Dae
God se wil vir jou lewe hoef nie 'n raaisel te bly nie. Jou hemelse Vader wil graag die planne wat Hy vir jou lewe het aan jou bekendmaak. Dit maak nie saak of jy met 'n groot lewensbesluit worstel of net probeer om elke dag 'n pad saam met die Here te stap nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan terwyl hy jou oor God se wil leer; hoe om dit te onderskei en ook hoe om binne God se wil vir jou lewe te wandel.

21 Dae van Vas en Gebed Leesplan
21 Dae
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!