Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete预览

Verlossing van Wat Verlore Was
Lees: Joël 2:18-32
SOAP: Joël 2:19
Die Here het sy volk geantwoord: Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.
Julle sal oorgenoeg hê. Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting onder die nasies maak nie.
Oordenking
Ons het in die vorige hoofstuk van Joël gelees hoe God deur die sprinkaanplaag verwoesting aan die volk van Israel aangerig het. Sy doel daarmee was om hulle onverdeelde toewyding aan Hom te verseker. Hulle was halfhartig in hul aanbidding, en hulle het ander dinge en ander gode aangehang. Dit is waarom God teen sy eie volk geveg het om hulle tot inkeer te laat kom. Hy doen dit vandag nog met sy mense wanneer ons van Hom, ons eerste liefde, af wegdwaal. Hy laat soms probleme en swaarkry toe om ons tot inkeer te bring en na Hom te laat terugkom.
Maar nou sou God herstel bring. Hy sou skoonheid uit die as skep. Kan jy jou indink watter hoop hierdie boodskap vir die volk gebring het? Nadat hulle land verwoes is, belowe God, in sy goedheid, om wat verlore was te herstel en te vernuwe.
Ons sien met God dat daar hoop is. Selfs wanneer ons, sy volk, van Hom wegdwaal en ander dinge of mense bo Hom voorrang laat kry, sal God ons nie los nie. In sy vurige liefde en jaloesie sal Hy ons terugtrek na Hom toe. Hy gee ons sy Heilige Gees om ons van ons halfhartigheid te oortuig en stort weer sy liefde in ons uit as ons Hom soek.
Miskien beleef jy ‘n seisoen waarin die sprinkane van hierdie lewe alles weggeneem het. God, omrede van sy groot liefde vir jou, laat swaarkry toe om jou volle trou, jou heelhartige aanbidding te verkry. Draai in ootmoed na Hom en plaas jou volle vertroue in Hom, want eendag gaan Hy alles nuut maak. Jy weet nie hoe of wanneer nie, maar jy weet dat Hy dit gaan doen. Hy het dit belowe. Glo Hom.
Gebed
God, die lewe op hierdie aarde is moeilik, maar U is ‘n God wat herstel. Help my om op U te vertrou, ongeag wat in my lewe mag gebeur, omdat ek weet dat U ‘n plan het om eendag alles nuut te maak. Amen.
读经计划介绍

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More