Vreesloos预览

Vreesloos

7天中的第2天

God se beloftes van trou

Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was? Hoe ons soms na pa of ma toe gehardloop het? Onthou jy hoe gerusstellend dit was wanneer hulle ons styf vasgehou en ons verseker het dat die donker niks aan ons sal doen nie?

Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms, die bedreiging van siekte … die dood. Daar is maar een plek waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader.

O God, ek is bang. Wees by my, asseblief.

读经计划介绍

Vreesloos

Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!

More

相关题材的计划