Blywende Hoop预览

Oordenkingsvrae:
1. Is jy tans in 'n tydperk van lyding of beproewing? Hoe kan jy volharding ontwikkel terwyl jy op God wag om op te tree?
2. Is daar 'n belofte van God wat jy sukkel om te glo? Hoekom is dit vir jou moeilik om in hierdie belofte te glo?
3. Is daar tans iets wat jou geloof belemmer? Wat is dit? Hoe sal jy dit vandag afgooi sodat jy kan voortgaan om die geloofswedloop te hardloop?
4. Saam met wie kan jy lyding in hierdie tydperk verduur? Wie verduur tans lyding wat geseën sal word as jy langs hulle kom en saam met hulle dit verduur? Wie kan jy in jou tydperk van lyding innooi om saam met jou dit te verduur?
5. Volharding hou aan om ons hoop op die goedheid van God te plaas wanneer ons omstandighede vir ons sê om op te gee. Wat sê jou omstandighede nou vir jou ? Hoe kan jy volhard ten spyte van wat om jou gebeur?
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More