Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verrykตัวอย่าง

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

วันที่ 1 จาก 10

Openhartige kommunikasie 

Here, ek bid dat U my en my man (vrou) sal help om ons gedagtes en gevoelens vrylik te kan deel, en dat ons sal weier om mense te wees wat nie werklik met mekaar praat nie. Leer ons om mekaar genoeg te vertrou om oor ons diepste hoop, drome, vrese en worstelinge te praat. Leer ons om elke dag met U te kommunikeer sodat ons kommunikasie met mekaar altyd goed sal wees. 

Gee ons die vermoë om elke dag ons liefde vir mekaar openlik uit te druk deur te weier om woorde te spreek wat afbreek, maar slegs woorde wat opbou (Efesiërs 4:29). Wys ons hoe om aandagtig te luister sodat ons die tekens sal raaksien wat aan ons beter begrip vir mekaar sal gee.

Ek bid dit in Jesus se Naam.


ข้อพระคัมภีร์