YouVersion Logo
Search Icon

Filippense - Kies VreugdeSample

Filippense - Kies Vreugde

DAY 6 OF 27

Oordenkingsvrae:  

1. Vers 6 sê dat Jesus die goeie werk in ons end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Wat beteken dit?

2. Hoekom is dit belangrik om liefde met begrip en fyn aanvoeling te kombineer (vers 9)?

3. Hoe het God Paulus se tyd in die gevangenis en lyding tot voordeel bewerkstellig?

4. Na watter voordeel verwys Paulus wanneer hy sê, "om te lewe, is Christus"? Watter voordele kan hy moontlik aan dink wanneer hy sê, "om te sterf, is wins"?

5. Paulus praat daaroor om nie bang te wees vir ons teenstanders nie. Waaroor kan ons dalk bang wees en hoe kan ons met moed vasstaan?

Day 5Day 7

About this Plan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More