YouVersion Logo
Search Icon

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieSample

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAY 2 OF 5

Lei jouself 

  

Jy kan onmoontlik uitkom waar jy wil wees sonder om te weet waar jy tans is nie. Hoekom?  Want om jouself goed te lei, vereis en begin by so `n deeglike bewustheid as moontlik van waar jy tans is. Hierdie is so uiters belangrik om te doen, maar dit is nie maklik om dit alleen te doen nie. 

Oor en oor in die Psalms, modelleer Dawid vir ons hoe dit lyk om genadeloos nuuskierig te wees oor wat aan die gang is in sy eie hart.  “Ondersoek my, o God.  Toets my.  Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie…”  Dit is opreg.  Dit is eerlik.  Dit kan wreed wees.  Vervolgens kan dit brutaal wees. 

Onthou jy die frase: wat jy nie weet nie sal jou nie seermaak nie?  Dit is belaglik.  Wat jy nie weet nie het jou seergemaak en sal jou ook in die toekoms seermaak.  En dit is jou verantwoordelikheid om jouself goed te lei deur presies te weet waarmee jy goed is, wat van jou ander mense pla, en wat jou blinde kolle is. 

So vra vandag vir iemand: 

1) Waarmee is ek goed? 

2) Wat hou my terug? 

3) Wat is die blinde kolle in my lewe? 

Day 1Day 3

About this Plan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ookal kom.

More