Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedSample
Vestiging van Sterk Konneksie Groepe
Bid vir konneksie groepe om plekke van aanmoediging, geestelike groei en egte gemeenskap te wees.
Die doel van ons konneksiegroepe is om ‘n veilige ruimte te skep waar gelowiges opregte vertrouensverhoudings kan bou en mekaar kan bemoedig en aanspreeklik hou in ‘n proses van geestelike groei en dissipelskap.
In ons verhoudings met mekaar moet ons altyd streef om die band van vrede en eenheid te bewaar (Ef. 4:3), die waarheid in liefde te praat (Ef. 4:15), en mekaar op te bou.
1 Thess. 5:11: Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Gebed: Vader, ons bid dat ons konneksiegroepe in Lewende Woord gekenmerk sal word deur wedersydse vertroue, eenheid en aanspreeklikheid. Mag ons mekaar liefdevol aanmoedig om, volgens U perfekte plan, tot geestelike volwassenheid in Christus te groei. Amen.
About this Plan
Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.
More