Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedSample

’n Hart vir Gebed en Voorbidding
Groei in 'n liefde vir gebed en vra God om ons te leer om vir ons kerk, gemeenskap en nasie in te tree.
Gebed is gemeenskap met God. As ons verstaan dat verhouding die hart van Christenskap is, sal ons ook 'n hart vir gebed hê. Tog is dit so dat ons dikwels min tyd in gebed deurbring.
Ons kan slegs die vermoë ontwikkel om gehaltetyd saam met die Here deur te bring, Sy aangesig te soek en Sy stem te hoor, as ons doelgerig daarvoor tyd maak.
“Voorbidding” (intercession) is nie net 'n sinoniem vir gebed nie. Dit beteken om in die gaping te staan. Wanneer daar 'n gaping tussen ‘n persoon in nood en die Here is, moet 'n voorbidder opstaan.
Hetsy die persoon in nood die Here nie ken nie of te swak voel om te bid, ons voorbidding bring hulle behoeftes voor ons genadige, barmhartige Vader.
Gebed: Here, skep in my ‘n verlange om tyd in U teenwoordigheid deur te bring. Mag ek deur ons verhouding, in kragtige voorbidding, die behoeftes van ander aan U opdra. Amen.
Scripture
About this Plan

Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.
More
Related Plans

The Art of Being Still

____ for Christ - Salvation for All

Virtuous: A Devotional for Women

God, Not the Glass -- Reset Your Mind and Spirit

One New Humanity: Mission in Ephesians

Be Sustained While Waiting

The Way to True Happiness

Following the Call of Jesus

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice
