YouVersion Logo
Search Icon

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedSample

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

DAY 2 OF 21

Gesins gebed en -eenheid

Bid vir gesinne om verenig te wees in Christus en tyd te prioritiseer vir aanbidding, gebed en studie van God se Woord saam.

'n Simfonie-orkes is ‘n goeie voorbeeld van eenheid. Dit verg oefening, ‘n bewustheid van mekaar, die vermoë om na mekaar te luister, op mekaar staat te maak en mekaar te vertrou. Dan kom daar 'n pragtige klank voort.

Ef. 4:2: Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.

Gebed: Vader, dankie dat ons een kan wees, soos U en Jesus een is. Mag ons as families (in die huis en kerk) geduld hê en mekaar verdra. Mag ons ons harte bewaar en in harmonie saamleef. Mag ons altyd simpatiek, liefdevol, vergewensgesind, sagmoedig en nederig wees. Ons bid U beskerming oor ons gesinne. Amen.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.

More