YouVersion Logo
Search Icon

’n Dankbare HartSample

’n Dankbare Hart

DAY 2 OF 5

“Altyd dankbaar”


Jesus se hele lewe was ’n offer van dank. Hy het sy Vader in alle omstandighede geloof en gedank. Dieselfde gesindheid van dankbaarheid wat ons in Hom kan sien, behoort ons ook uit te leef. Nie net dankbaarheid wanneer alles goed gaan nie, maar áltyd dankbaar, in alle omstandighede. Ons dankbaarheid is immers gesetel in die voorregte wat geloof in Jesus vir ons moontlik maak. Deur sy kruisdood het ons vrye toegang tot God wat dag vir dag vir ons sorg en in elkeen van ons behoeftes voorsien.

Die Griekse woord vir “dank” is “eucharisto” en dit is afgelei van die stamwoord “charis” wat “genade” beteken. Uit dank vir God se groot genade oor jou, kan jy op jou beurt, selfs in swaarkry tye, vashou aan elke stukkie skoonheid, elke geliefde, elke goeie gawe wat jy uit sy hand ontvang.

GEBED: Here Jesus, ek wil graag soos U ’n lewe van dankbaarheid leef. Dankie dat U vir my gesterf het, en daardeur God se liefde, vergifnis én die ewige lewe vir my moontlik gemaak het. Amen.


Hierdie oordenking is geneem uit GESKENK VAN GENADE deur Nina Smit. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting.

Day 1Day 3

About this Plan

’n Dankbare Hart

“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit, uit haar dagboek GESKENK VAN GENADE.

More