Sterker as die doodSample

Moord-dag wag!
Skares raak vinnig buite beheer. Mense word vinnig opgestook en dan breek alle chaos los. Dit is presies wat op daardie Vrydagoggend in Jerusalem gebeur het toe Jesus uitgelewer is aan die godsdienstiges en die politieke maghebbers. Toe wou die mense bloed sien: Jesus s’n! Hulle was nie lus vir God se Seun nie. Sy stem moes stilgemaak word. God se genade moes uit Jerusalem verban word.
Die enigste twee woorde wat die skare oor Jesus te sê gehad het toe Hy voor die Romeinse goewerneur, Pilatus, staan, was: “Kruisig Hom!” Maak Hom dood. Kry Hom vir altyd stil. Die hartseerste is dat dinge vandag nie juis anders is nie. Daar is steeds nie plek vir God se Seun op dié planeet nie. Die aarde is vol genoeg van selfsugtige mense.
Toe kap hulle Jesus aan ’n houtkruis vas. Toe sterf Jesus ’n paar uur later daar aan Golgota se kruis. Maar sy laaste woorde, volgens die Evangelie van Johannes, is aangrypend: “Dit is volbring.” Met ander woorde: “Mission accomplished!” Dit is juis waarvoor Jesus gekom het. Die kroning van die koning was toe ’n doringkroon aan ’n vervloekte houtkruis. Maar dit is presies hoe God se verlossing aanbreek vir hierdie stukkende wêreld van ons. Presies só word ons almal bevry. Vir ons wat glo, is daar nou nuwe lewe vir altyd. Anderkant Jesus se moord-dag wag nuwe lewe vir ons.
Scripture
About this Plan

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Stephan Joubert wil jou in hierdie 7-dag leesplan aanmoedig om die volgende te onthou: Anderkant Jesus se sterfdag wag nuwe lewe vir ons.
More
Related Plans

Church Planting in the Book of Acts

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

BibleProject | Sermon on the Mount

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

You Are Not Alone.

Leading With Faith in the Hard Places

God in the Midst of Depression

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

How to Overcome Temptation
