YouVersion Logo
Search Icon

My beste vir my HereSample

My beste vir my Here

DAY 7 OF 7

DIE BESTE VIR MY KONING

"Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra" Jeremia 29:13.

Die Amplified Bible se vertaling sê: “Then [with a deep longing] you will seek Me and require Me [as a vital necessity] and [you will] find Me when you search for Me with all your heart.”

Die volk is weggevoer in ballingskap. God kom hulle met die woorde van Jeremia bemoedig. Al kan hulle nie in Jerusalem wees om hul gebruiklike rituele by die tempel uit te voer nie, belowe God dat Hy by hulle sal wees as hulle met hul hele hart na sy wil vra. As hulle soekend bly, sal God sy wil aan hulle openbaar. God het hulle hoop gegee met die belofte dat daar vir hulle ‘n toekoms is. Die hoop is Jesus Christus wat sou kom.

Ek en jy is vandag in die gelukkige posisie dat ons alreeds kan leef in die vervulling van God se belofte. Jesus Christus het alreeds aan die kruis vir al ons sonde gesterf. Die prys vir ons oortredinge het Hy gedra. Ons kan nou jubel en juig, want God kyk na ons deur die bloed van Jesus Christus. Hy sien ons as skoongewas. Daarom hoef ek en jy nie in die ballingskap van ons sonde of skuldgevoelens te leef nie. Ons is vry! Ons kan nou vir Hom ons beste gee! Vra gedurig na sy wil vir jou lewe.

Ek hou van die Bybelse simboliek met die granaat. Die Joodse tradisie leer dat dit ‘n simbool van geregtigheid is. Dit simboliseer kennis, wysheid en vrugbaarheid. Ons is soos een van die talle pitjies in ‘n granaat. Elkeen afsonderlik en volledig gevorm, maar almal saam is ‘n volmaakte vrug. So is ons elkeen ‘n individu, maar saam met ander gelowiges, vorm ons die volmaakte kerk van Christus. Klein granaatjies is in die Ou Testamentiese tyd aan die soom van die priesters se skouerkleed vasgewerk. In 1 Konings 7:13-22 lees ons van die granate wat op die twee pilare by die ingang van Salomo se tempel was. Die beste vir die koning!

In Filippense 1:9-11 (AFR53) bid Paulus dat ons liefde en kennis sal vermeerder sodat ons kan onderskei watter dinge vir God belangrik is. Hy bid dat ons ”vervul [sal wees] met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus ...”

GEBED:

Here, ek wil nie ophou om U aangesig te soek nie. Ek wil my beste vir U gee. Amen.

Day 6

About this Plan

My beste vir my Here

Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou beste vir Hom wil gee. As jy twyfel oor hoeveel en wat jy moet gee, gaan vra vir God; Hy sal jou help.

More