Jesus se Laaste DaeSample
![Jesus se Laaste Dae](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F44200%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
In die Graf (Saterdag, een dag na die kruisiging)
Jesus het gesterf en Sy liggaam is in die graf.
Hoëpriesters en Fariseërs plaas wagte by Jesus se graf: Matteus 17:62-66
Dink vir ‘n oomblik aan dit wat die volgelinge van Jesus moes deurgaan gedurende hierdie tyd. Hulle was onseker. Dit word duidelik dat die gebeure nie werklik deur hulle verwag was nie en nog minder het hulle die betekenis begryp.
Spesifiek Petrus, die mees prominente dissipel van Jesus, het in hierdie tyd die diepste moontlike verwyt beleef. Hy het Jesus as die Messias bely, hy het op water geloop, hy het die verheerliking op die berg beleef (Matteus 17), hy was altyd aan Jesus se sy, maar Petrus het vir Jesus verloën, drie maal nogal, net soos Jesus voorspel het (Matteus 26, 69-75).
Met dit in gedagte kan ons vooruit kyk na Johannes 21:15-17 waar Jesus drie maal vir Petrus vra: "Het jy my lief?" Ons kan sê Jesus het ‘n doelbewuste afspraak met Petrus. Dit is duidelik in die evangelies dat Jesus juis vir Petrus drie maal vra omdat Petrus vir Jesus drie maal verloën het.
Jesus hanteer Petrus met die uiterste deernis en genade na sy grootste flater, sy ergste teleurstelling, sy selfverwyt en kwaad-vir-homself wees. Jesus is geïnteresseerd daarin om sy skande te bedek en hom te herstel en te genees. Die eerste sigbare toepassing van die genade wat die kruisiging bewerk het, word in Petrus se lewe gesien.
Wat is jou grootste skande, pyn of teleurstelling? Jesus kom na jou toe net soos met Petrus, met hierdie doel: om die genade en vergifnis wat die kruisiging bewerkstellig het van toepassing te maak in jou lewe … om jou te herstel en genees.
Scripture
About this Plan
![Jesus se Laaste Dae](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F44200%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.
More
Related Plans
30 Minute Daily Reading Plan
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - June
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Cast Your Care
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)