YouVersion Logo
Search Icon

Habakuk se hoopSample

Habakuk se hoop

DAY 6 OF 7

Hy gee vir my ribbokvoete

"Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder" Habakuk 3:18.

In Hoofstuk 3 skryf Habakuk sy grootste lied ooit.

Habakuk 3:17: “Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees ..."

Ons kan baie dinge doen of kry “as gevolg van". Dis maklik om die Here te aanbid as gevolg van die goeie prediker; ek kan die Here loof as gevolg van my bevordering. God wil egter vir my en jou by ‘n plek kry waar ons sal sê nogtans (ten spyte van, Here), sal ek U loof! Here al is die damme leeg; al verloor my rugbyspan; Here, al gaan dit sleg in die land, al lyk dit asof ons leiers het wat U nie ken nie. Here, al sterf my kind, al sit ek in ‘n rolstoel. Here ... NOGTANS!

Want God, U is oral. U is nou hier. Al gaan dit hoe sleg, nogtans sal ek in die Here jubel!

Kyk ek na die wêreld, dan sing ek klaagliedere, maar kyk ek na God, dan sing ek ‘n jubel lied. Here ek het my blind gestaar na my omstandighede. Ek het doof geraak van al die doemprofete se vals musiek. Ag jammer Here, ek het die noot verloor! Ek kon nie meer sing nie. Nou het ek U gesien in geloof. U het vir my nuwe musiek gegee.

Habakuk 3:18,19: “Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat hy my veilig loop.”

Ongelukkig kan selfs gelowiges nie altyd op hoë plekke veilig loop nie, want hulle verval in: “Sê nou maar net; en wat as dit gevaarlik word vorentoe.” Die Here sê egter Hy gee vir jou ribbokvoete. Hy laat jou veilig loop. Jy kry nie nuwe voete as jy daar onder aan die voet van die berg is nie. Hy gee dit vir jou soos jy klim. So, terwyl jy op pad is.

GEBED:

Dankie my Hemelvader vir ribbokvoete sodat ek veilig op my hoë plekke kan loop. Amen

Day 5Day 7

About this Plan

Habakuk se hoop

Toe Habakuk nie meer hoop gehad het nie, het hy ‘n besluit geneem om vir hom ‘n vestingmuur op te rig en om op God te wag. Moenie God inperk met jou eie gedagtes en oplossings nie. Bring jou nood voor God, maar wag vir sy perfekte tydsberekinging in jou lewe. Hy belowe om jou voete soos die van ‘n ribbok te maak wanneer jy teen hoë plekke moet loop.

More