YouVersion Logo
Search Icon

Oomblikke van hoopSample

Oomblikke van hoop

DAY 2 OF 7

Op sy voorwaardes

God is nie in ons diens nie; Hy werk nie vir ons nie. Ons bepaal nie die voorwaardes van ons verhouding nie. Ons moet God leer ken en Hom dien soos Hy Homself aan ons deur die Bybel openbaar. Gelukkig is ons God ’n genadige God. Hy is vol genade en deel dit oorvloedig met elkeen van ons. Hy stort emmers vol goedheid oor ons uit. Ons ontvang sy rus, vrede en vreugde as ons saam met Hom loop.

Die Here is ons enigste krag wanneer ons swak is. Hy is ons rusplek wanneer ons moeg is. Hy is ons hoop wanneer alles om ons sonder hoop lyk. God is ons beskerming wanneer ons bang is. Hy is die enigste rede om te leef. Hy is ons rykdom en ons rots.

Die Here is ons suurstof, ons asem, ons hele lewe. Die Here is by ons in elke storm. Hy loop saam met ons deur elke donker vallei en op elke reguit pad. Hy bly aan ons sy tot lank ná die eindstreep.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Oomblikke van hoop

Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade! Moenie die negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart toelaat nie en onthou: God se skouers is breed genoeg om die hele wêreld se kommer te dra – ook joune!

More