Wees jý die Barnabas.Sample

GEE ANDER NOG ‘N KANS
Barnabas het egter gesien Saulus se geloof in Jesus is eg. Hy het hom jammer gekry en hom toe aan die apostels gaan voorstel. Handelinge 9:27 DB
Ons lees in die eerste paar hoofstukke van Handelinge dat die Christene Jesus as die opgestane Messias bely het. Die Jode wou dit nie aanvaar nie en het geglo hierdie mense moes stilgemaak word. Die Jode was oortuig dat die Christene die egtheid van die Joodse godsiens bedreig en het daarom begin om hulle te vervolg.
Paulus was ‘n geleerde man, hy het goeie opleiding gehad en hy was ‘n student van Gamaliël. Hy het die Ou-Testamentiese geskrifte goed geken. Hy het geglo die Christendom was ‘n bedreiging vir die Judaisme en daarom het hy die Christene so vervolg.
Totdat hy ‘n ontmoeting met God gehad het op die pad van Damaskus! Hy kom tot bekering en wou toe bitterlik graag by die Apostels aansluit. Hulle was eers baie skepties oor hom. Iets wat ‘n mens kan verstaan. Genugtig, hy het dan Christene laat toesluit en doodmaak!
Maar gelukkig het hy Barnabas ontmoet. Iemand wat die verhaal van sy bekering geglo het en wat hom nog ‘n kans wou gee. Jy sien, Paulus se hart het gebrand om ook die evangelie-boodskap te verkondig en gelukkig het Barnabas sy potensiaal raakgesien en voorspraak vir hom gedoen by die apostels.
Dalk is jy vandag iemand wat ‘n tweede kans nodig het. Dalk stuur God iemand oor jou pad vir wie jý kan voorspraak doen by ander. Jesus is die Een wat immers vir ons tweede en derde kanse gee! Hy tree vir ons in by God die Vader.
GEBED:
My Heer, ek het U so nodig in my lewe. Stuur asseblief vandag ‘n Barnabas oor my pad, of help my om jammer te wees vir ander, sodat ek hulle ‘n tweede, of selfs derde kans sal gee. Amen.
Scripture
About this Plan

Wees jy ‘n Barnabas vir ander. Wees lief vir Jesus Christus sodat jy vol kan wees van die Heilige Gees. Laat jou geloof jou dring om jou oor mense te ontferm, hulle moed in te praat en tweede of derde kanse te gee. Wees jy die een wat nie skroom om agter die skerms te werk sodat ander hul volle potensiaal kan ontwikkel nie. Seën mense.
More
Related Plans

God, Not the Glass -- Reset Your Mind and Spirit

Be Sustained While Waiting

Identity Shaped by Grace

Testimonies of Christian Professionals

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

The Gospel According to Mark: Jesus the Suffering Servant

Tired of Comparing? Finding Your True Worth Beyond Numbers

Virtuous: A Devotional for Women

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work
