Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingSample
![Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F38676%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 7/7
Tema van die week: Sekerheid van my redding
Hier is nog redes waarom ons volkome sekerheid kan hê dat ons hemel toe sal gaan as ons Jesus aanvaar as ons Here en Verlosser.
'n Waarskuwing: Moenie uit nuuskierigheid oor geloofsekerheid navraag doen nie. Die dood van sy Seun is vir God die Vader geen geringe saak nie. As jy uit nuuskierigheid wil weet, is ek redelik seker dat die hemel jou nie sal antwoord nie. Jy sal net aanhou om meer vrae uit te dink oor waarom dit onmoontlik is om te weet. God is ernstig oor hierdie saak.
Die afgelope ses dae het ons oor verskeie sake gepraat wat ons help om sekerheid te kry van ons redding. Hier is nog 'n aantal redes wat ons kan help om hierdie sekerheid diep in ons harte vas te maak.
1. Jesus het vir sondaars gekom en nie vir regverdige mense nie. As jy 'n sondaar is, kwalifiseer jy om gered te word. Lukas 5:32 (AFR53): "Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering."
2. Ons kan seker wees dat God ons sondes sal vergewe; en seker wees van ons ewige bestemming, omdat Jesus gesê het dat Hy ons die reg (of mag) gegee het: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word ..." (Johannes 1:12a AFR53).
3. Emosies kan verander, maar God verander nie. "Die Here sal dit vir my voleindig ..." (Psalms 138:8 AFR53). Emosie kan nooit bepaal wat waar of vals is nie. God se waarhede het nie 'n vervaldatum nie.
4. Jesus is die Waarheid. Die waarheid is dat Hy gesterf het. Die offer is volledig en voldoende. Dit hoef nie herhaal te word nie — Hy het eenmaal vir ons almal gesterf. Niks kan die realiteit en finaliteit van die kruis tot niet maak nie.
5. Redding is 'n genadegawe. Genade kan nie verdien word nie. Jy ontvang dit sonder enige teenprestasie. In Romeine 6:23 (AFR53) staan daar: "maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
Billy Graham het gesê hy sal eerder sy vertroue plaas in die Bybel, as wat mense oor die Bybel sê, die oorsprong van die skepping en lewe, ons doel op aarde en waar ons die ewigheid sal deurbring.
About this Plan
![Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F38676%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.
More
Related Plans
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Finding Wisdom in Proverbs
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
30 Minute Daily Reading Plan
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Cast Your Care
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)