Dis Tyd!Sample
![Dis Tyd!](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36930%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DAG 7 Die verskeie “V’s”
Jakobus 1:2-4: “My broers, julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming."
Dinge soos vrese, verwyte, vrot omstandighede, 'n verlepte gemoed en jou verlede kan jou aanhoudend pla en uitput. Hoe dink jy oor die toekoms? Dalk lyk dit bleek en verbleik vir jou. Dalk voel jy verward, verkeerd en vermom. Miskien het jy selfs ‘n verwronge beeld van jouself ... en van God. Al hierde woorde is negatief en ons kry gereeld daarmee te doen in ons daaglikse lewe. Ontspan ... jy is vlees en broos soos soveel ander mense rondom jou, wat ook maar baie dinge verbloem. Hoekom is daar so baie “V’s” in die lewe? Daar is een wie se naam "Vyand" is en sy portefeulje behels alles wat negatief is.
Ons lewens bly ‘n leerskool met verskeie vakke om te leer: ons denke, selfbeeld, besluite, geluk, geloof, vriende, familie, werk en soveel meer. Verandering ... ja, dit ís moontlik om dit wat ons geleer het aan te pas soos nodig en om ons Vader te vra om ons te help om dit verder te ontwikkel. Hy is vreesloos namens jou en kan dit diep ín jou hart deponeer.
Vader, ek wil vlieg op die vlerke van u genade — vorentoe. Ek wil saam met U volhard — vry en vergewe.
Vandag is wat jy het — die hier en nou. Dit is dalk 'n goeie idee om 'n lysie te maak van alles waarvoor jy dankbaar kán wees. Wanneer jy eers begin, sal jy sien hoe baie dinge daar is. Een van daardie dinge is die voorreg om die Woord te kan lees en God, Jesus en die Heilige Gees te leer ken!
Scripture
About this Plan
![Dis Tyd!](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36930%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die lewe bied talle uitdagings wat 'n mens nie aldag verstaan nie. Maar om heeltyd daarop te fokus, is nie gesond nie. Ons kan vorentoe beweeg, tree vir tree - dis tyd!
More
Related Plans
![Shatter the Stigma](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55179%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Shatter the Stigma
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![The Joy of Laughter: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54860%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Joy of Laughter: A 3-Day Marriage Plan
![Divine Destiny - a Claim](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54851%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Divine Destiny - a Claim
![Colossians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54622%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Colossians
![21 Days of Prayer and Fasting](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54594%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
21 Days of Prayer and Fasting
![Bible Study 2: Naomi's Journey - Finding Strength in Mentorship](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55234%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bible Study 2: Naomi's Journey - Finding Strength in Mentorship
![Breaking the Patterns That Break You](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55063%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Breaking the Patterns That Break You
![When Christmas Isn’t Supposed to Be This Way: A 5-Day Reading Plan for Pregnancy Loss](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54293%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
When Christmas Isn’t Supposed to Be This Way: A 5-Day Reading Plan for Pregnancy Loss
![[Giving Jesus Away] to Seek and to Save](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55091%2F320x180.jpg&w=640&q=75)