’n Huwelik wat werkSample

Die ritme van liefde
Stel jou ’n groot dansvloer voor met baie spasie om rond te beweeg. Daar is plek om kreatief te wees en vir individue om hulself uit te druk. Elke dansmaat het ’n rol om te speel. Nie een wil alles beheer nie. Elkeen is bewus van die ander se belangrikheid. Die doel is om saam ’n pragtige dans te skep.
Dis hoe die huwelik volgens God se ontwerp is.
Huweliksmaats het nie identiese rolle nie; hulle danspassies en bewegings verskil. Die agtergrond in ’n belangrike Bybelse beginsel vir álle Christelike verhoudinge is: wedersydse onderwerping.
Ons word geroep om:
- Onvoorwaardelike liefde te bewys.
- Ander eerste te stel.
- Ander se belange in ag te neem in alles wat ons doen.
Wanneer dié tipe liefde die fondasie van ’n huwelik is, word God se instruksies eenvoudig. En baie minder kontroversieel. ’n Huwelik waarin ’n man regeer en die vrou haar blindelings aan hom onderwerp, is nie God se plan nie. Dit is nié wat Efesiërs hier beskryf nie.
God roep ons om deel te neem aan ’n dans van wedersydse onderwerping waarin die man die eerste tree gee en die vrou saamwerk, terwyl albei ten volle onderwerp aan God is en mekaar opofferend ondersteun.
Elke dag is ’n geleentheid om die dansbaan te betree. Wedersydse instemming om julle passies te oefen, julle bewegings te koördineer en julle ritme te vind. Julle sal aan die choreografie moet werk, maar moenie die prentjie van die hele dans uit die oog verloor nie.
Julle harde werk sal ’n pragtige kunswerk skep.
Scripture
About this Plan

God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit is moontlik! Dít was sy ontwerp. In hierdie 5-dag leesplan kyk Chip Ingram na Efesiërs 5 en deel hoe paartjies die vervulling waarna ons almal smag, kan vind.
More
Related Plans

Financial Discipleship – the Bible on Idolatry

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations

God's Design for the Church

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots

God's Redemption Story (Revelation)

Spiritual Formation
